Previous ◁ | ▷ Next

Roan Antelope

Na baie jare se wik en weeg oor ‘n Bastergemsbok teelprojek, het ons in 2010 na vele sukses met ons Swartwitpens projekte, besluit om die sogenaamde “onmoontlike” projek soos deur vele ander kenners daarna verwys is (agv habitat en parasiete in ons area) aan te pak.

Van die begin af is daar besluit om slegs die beste genetika te bekom en die beste diere by verskeie telers soos Hendri van Staden, Durandt Botha & Ferdi Pistorius van Lalamanzi te gaan uitsoek asook volgens ons die beste en mooiste teelbul in die land te koop by Gary Donian nl. Majestic wat 34 1/2” meet, aangesien net die bestes vir ons goed genoeg sou wees.

In die begin was daar soos in enige nuwe projek ‘n paar struikelblokke, maar ons is trots om te kan se dat ons weereens in 2012 en 2013 ‘n 100% kalf en oorleef persentasie gehad het danksy ons nuwe “kraam kamp” konsep en ons kan nie wag om te sien hoe hierdie  Majestic nasate die hele Wildbedryf aan die gons gaan he nie.

Om meer fotos te sien, gaan asb. na ons gallery - KLIEK HIER