Previous ◁ | ▷ Next

Livingstone Eland

So rooi soos ‘n Hartbees, soveel strepe soos ‘n sebra en ‘n gesig soos ‘n Zambier. Klink onrealisties? Of selfs net asof die persoon net nie weet waarvan hy praat nie. Dit was die kriteria van Romaco Ranch vir die regte diere om in hulle teelprojek te plaas. Natuurlik is die kriteria op ‘n realistiese wyse toegepas toe Romaco Ranch reeds meer as ‘n dekade gelede die beste Livingstone Elande gaan uitsoek en koop het.

Die basis kudde van Romaco Ranch kom oorspronklik vanaf Doringdraaidam Reservaat af, wat ‘n geslote kudde Livingstones gehad het ingevoer vanaf Zimbabwe verskeie jare gelede.

Romaco is trots op die kwaliteit van hulle Livingstone Elande en hoop om eendag Livingstons te teel wat fenotipies soos 'n Lord Derby Eland lyk.

Met ‘n teelbul soos Lord Davey, is ons goed op dreef. Van sy nageslag pronk reeds op verskeie ander top telers se plase.

Om meer fotos te sien, gaan asb. na ons gallery - KLIEK HIER