Black Impala

Swartrooibokke op Romaco Ranch is 'n bewys van die slagspreuk “aanhouer wen". Na vele  terugslae en verskeie aanpassings probleme (Soetveld na suurveld) het ons skades gelei en is daar gesukkel om ons teelprojek op dreef te kry.

Hierdie “mislukkings” het Romaco net meer gedetermineerd gemaak en ons het van verskeie plekke die beste genetika moontlik ingekoop op verskillende tye van die jaar om ons “sukses” te probeer verbeter, en in 2012 het ons die “wenresep” raak geslaan en die vrugte gepluk van jare se sweet in die vorm van ‘n gesonde swartrooibok oes.

Vandag kan ons met vrymoedigheid se dat ons goed aangepaste en geharde diere vanuit die suurveld aan al ons kliente kan verskaf.

Om meer fotos te sien, gaan asb. na ons gallery - KLIEK HIER